Sunday, 1 September 2013

Ons moet opgewonde vir Hom wees:


Om die Here te leer ken moet `n mens opgewonde wees oor die dinge van die Here. Partykeer voel ek hoekom het ek nie die geesdrif vir die Here se werk wat ek moet hê nie. Tot ek tot die besef gekom het dat daar vier basiese dinge is wat ek kan doen. Ek wil dit met julle deel:

 
Eerstens maak seker dat jy moet kies om tussen mense te wees wat positief en entoesiasties is oor God en sy koningryk. Mense wat `n verskil wil maak, mense wat die liefde van die Here aan ander wil gee.

 
Tweedens besluit om `n positiewe uitkyk op die lewe te hê . Hou op met kla en wees dankbaar vir alles wat jy het. Leef elke dag voluit en maak `n keuse om elke oomblik in dankbaarheid te leef.

 
Derdens moet nie lui of passief wees nie. As die Here jou stuur om iets te doen dan moet jy gehoorsaam wees. Jy moet alles doen tot eer van God. Kies om alles met `n passie te doen. Dit is die Here se wil vir ons lewens.

 
Vierdens onthou om aan die brand te bly vir die Here. Kies elke dag om Hom voluit te dien. Vertel ander van Sy Seun se dood op die kruis sodat ons vergifnis kan kry en wedergebore kan word as ons dit sou kies.

 
Onthou om alles tot eer van Hom te doen. Dat Hy jou kan gebruik as `n instrument vir Hom.

1 comment:

  1. Enkele opmerkings:

    1. Jou skryfstuk is dalk meer opvoedkundig as wat dit beskrywend is.
    2.Partykeer voel ek hoekom het ek nie - Partykeer wonder ek waarom ek nie die...
    3. dat jy moet kies - dat jy kies

    ReplyDelete