My naam is Samantha Lee Verschoor. Ek woon al vir neentien jaar in die pragtige stad Kaapstad. Ek voel dat ons Kaapenaars so bevoorreg en geseend is om in die stad te woon met al sy natuurskoon. Ek wou al vir `n lank tyd "blog", maar om eerlik te wees ek het nie geweet hoe om dit te doen en ook tentatief gevoel oor wat ek wou se.
Totdat ek besluit het om oor iets te "blog" wat vir my baie belangrik is en wat vir my sin in my lewe gegee het. Dit is om die "blog" te gebruik en mense te vertel hoe die Here `n verskil in alledaagse lewe maak en hopelik om mense te inspireer om Hom deur sy woord te leer ken. Ek het my hart vir die Here in 2009 gegee en tot die besef gekom dat ek `n persoonlike verhouding met God, sy seun en die heilige gees kan he dat dit meer as net `n Geloof is,dat dit `n persoonlike verhouding is met die Skepper van die Heelal. Ek besluit toe om gehoorsaam te wees aan sy woord en ek word toe grootgedoop in 2011.
Ja, ek weet dit klink drasties, maar ek kom van `n familie wat hul vertroue en geloof in God en sy woord sit. Sodra ek my geloof en vertroue in die Here volkome gesit het, het ek tot die besef gekom dat dit `n groot en positiewe inpak op my lewe gehad het. Ek besef dat Hy my Gids is en dat hy my lewe elke dag lei met liefde en hoop. Dus hoekom ek hieroor wil blog. Dit maak nie saak wat met my gebeur nie, ek kan op Sy woord staan.
Dit is vol beloftes vir my en almal wat dit wil volg. Hy is my krag, my vrede, my rigting. Ek wil graag die volgende skrif met almal deel, want dit het deel van my lewe geword:
Jeremia: 29 vs 11
Ek weet wat Ek vir julle beplan, se die Here, planne van voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle `n toekoms gee, `n verwagting!
Dankie dat jy jou hart met ons deel!
ReplyDeleteEnkele opmerkings:
1. neentien - negentien of neëntien
2. Kaapenaars - Kapenaars
3. geseend - geseënd
4. tetatief - huiwerig?
5. sê met 'n ê (alt 136)
6. in alledaagse - in die alledaagse
7. Ek het my hart vir die Here in 2009 - Ek het in 2009 my hart...
8. hê met 'n ê
9. Sodra ek my geloof - Toe ek my geloof...
10. inpak - impak
11. Dus hoekom - Dis hoekom
Ek is 'n kind van God, maar het 'n bietjie af die pad gegaan. My lewe is so besig ek gebruik dit as 'n verskoning en sê Ek het nie tyd vir HOM nie.
ReplyDeleteGod het vir my baie keer voor gewys dat hy altyd tyd het vir my en ek moet leer om dieselfde te doen vir HOM.
Ek gaan die tyd vat om jou blog te lees en gebruik dit om 'n manier tyd te maak en bly in voeling met God.