Monday, 30 September 2013


Nadenke

Ek voel eerstens dat die taak `n kreatiewe en inspirerende  taak was. Dit het vir my blootgestel aan die ondervinding van “blogg”. Die feit  dat dit `n assesseringstaak was het my gemotiveer om regtig my taalgebruik en woordeskat in Afrikaans uit te brei.

Ek moet eerlik wees as ek sê dat ek dit uitdagend gevind het. Ek was in die begin huiwerig en onseker,maar die feit dat ons, ons eie keuse kon maak oor waaroor ons blog het definitief vir my gehelp. Dit het vir my gemaklik laat voel en ek kon oor iets blog wat vir my in my lewe `n groot verskil maak. Dit het dus vir my iets beteken, want ek kon blog oor iets wat uit my hart kom, iets wat vir alle mense so belangrik is.

Die onderwerp wat ek gekies het “Om Hom te leer ken” het my ook geinspireër en my regtig versterk in my denke en skrywe van my blog. Dit het vir my ook in staat gestel om myself uit te daag en regtig na my woordeskat te kyk.

Ek voel dat dit vir my `n goeie en betekenisvolle assesseringstaak was definitief geskik vir `n eerstejaar student. Terwyl ek die taak gedoen het, het ek weereens tot die besef gekom, hoe lief die Here vir ons is en die feit dat ons op Hom volkome kan vertrou.

1 comment:

  1. Dankie vir jou bydrae Samantha. Ek het jou "blog" baie geniet omdat jou tema my ook na aan die hart lê. Ek is bly dat jy dit geniet het en voel dat jy iets kon leer.

    ReplyDelete