Monday, 30 September 2013


Nadenke

Ek voel eerstens dat die taak `n kreatiewe en inspirerende  taak was. Dit het vir my blootgestel aan die ondervinding van “blogg”. Die feit  dat dit `n assesseringstaak was het my gemotiveer om regtig my taalgebruik en woordeskat in Afrikaans uit te brei.

Ek moet eerlik wees as ek sê dat ek dit uitdagend gevind het. Ek was in die begin huiwerig en onseker,maar die feit dat ons, ons eie keuse kon maak oor waaroor ons blog het definitief vir my gehelp. Dit het vir my gemaklik laat voel en ek kon oor iets blog wat vir my in my lewe `n groot verskil maak. Dit het dus vir my iets beteken, want ek kon blog oor iets wat uit my hart kom, iets wat vir alle mense so belangrik is.

Die onderwerp wat ek gekies het “Om Hom te leer ken” het my ook geinspireër en my regtig versterk in my denke en skrywe van my blog. Dit het vir my ook in staat gestel om myself uit te daag en regtig na my woordeskat te kyk.

Ek voel dat dit vir my `n goeie en betekenisvolle assesseringstaak was definitief geskik vir `n eerstejaar student. Terwyl ek die taak gedoen het, het ek weereens tot die besef gekom, hoe lief die Here vir ons is en die feit dat ons op Hom volkome kan vertrou.

Tuesday, 24 September 2013

Gods se Kruideniers ware.


Volg die volgende storie en volg die instruksies aan die einde.

Soos ek deur die lewe elke dag stap het die Here vir my iets gewys. Hy het vir my `n bord gewys wat gesê het

Hemelse Kruideniersware:

Kom binne oop vir besigheid.

Toe ek instap sien ek die volgende:

·         Engele wat die Here prys.

·         Een gee vir my `n mandjie.

·         Die engel sê  vir my koop met sorg.

·         Alles wat ek as `n mens nodig het was daar.

·         Ek kan soveel keer in en uit gaan as ek wou.

·         Eerste ding wat ek geneem het is `n groot sak geduld.

·         Liefde was in dieselfde ry.

·         Toe neem ek `n groot houer van om mense te verstaan, want ek weet dat ek dit elke dag nodig het.

·         Toe neem ek twee sakke hoop,drie sakke wysheid en vyf sakke geloof.

·         Ek besef my mandjie was besig om volt e word, maar ek kon nie ophou nie.

·         Ek sien toe `n pakkie met die etiket liefdadigheid en neem drie pakkies.

·         Ek besef toe dat die Heilige Gees my aanmoedig aan `n pakkie krag; uithouvermoë en dapperheid te neem, want ek sal dit in my lewe nodig hê.

·         Toe sien ek dit: verlossing en redding van al jou sondes. Ek neem toe soveel daarvan, want ek wou dit vir ander ook gee.

Toe vra ek die Engel hoeveel skuld ek toe sê hy dit is gratis neem en deel dit met almal wat jy ontmoet. Die Here het daarvoor met sy lewe betaal. Ek nooi jou uit om die selfde te doen gaan besoek God se kruidenierswinkel en deel dit met almal in jou lewe vandag nog.

Sunday, 15 September 2013


Die Here is en was altyd my krag.

Ek het tot die besef gekom dat die Here my krag wil wees. Koning Dawid was `n voorbeeld van `n persoon wat net in die Here se krag geglo het. Paulus het weer die Here geprys wanneer hy swak was en nie in beheer was nie. Hy het tot die besef gekom dat hy nie op sy eie krag moes vertrou nie, maar alleenlik op God se krag moet staatmaak.

Net soos Dawid en Paulus het ek besef dat ek die Here se krag nodig gehad het. Dit is ook hoekom ek besluit het om my hart aan Hom te gee sodat ek elke dag kan leef met sy krag in my lewe. As ek terug dink aan tye waar ek nie in beheer was nie, het ek die situasie en omstandighede in die Here se hande geplaas.

Ek het al my vertroue in Hom geplaas. Partykeer was dit nie so maklik nie, want ek wou eers self dinge uitwerk, maar dan het ek geweet date ek net weereens op die Here moet vertrou.
In Psalm 23 het Dawid geskryf “Die Here is my Herder” die feit dat die Herder altyd na sy skape kyk met liefde en deernis.

Sunday, 1 September 2013

Ons moet opgewonde vir Hom wees:


Om die Here te leer ken moet `n mens opgewonde wees oor die dinge van die Here. Partykeer voel ek hoekom het ek nie die geesdrif vir die Here se werk wat ek moet hê nie. Tot ek tot die besef gekom het dat daar vier basiese dinge is wat ek kan doen. Ek wil dit met julle deel:

 
Eerstens maak seker dat jy moet kies om tussen mense te wees wat positief en entoesiasties is oor God en sy koningryk. Mense wat `n verskil wil maak, mense wat die liefde van die Here aan ander wil gee.

 
Tweedens besluit om `n positiewe uitkyk op die lewe te hê . Hou op met kla en wees dankbaar vir alles wat jy het. Leef elke dag voluit en maak `n keuse om elke oomblik in dankbaarheid te leef.

 
Derdens moet nie lui of passief wees nie. As die Here jou stuur om iets te doen dan moet jy gehoorsaam wees. Jy moet alles doen tot eer van God. Kies om alles met `n passie te doen. Dit is die Here se wil vir ons lewens.

 
Vierdens onthou om aan die brand te bly vir die Here. Kies elke dag om Hom voluit te dien. Vertel ander van Sy Seun se dood op die kruis sodat ons vergifnis kan kry en wedergebore kan word as ons dit sou kies.

 
Onthou om alles tot eer van Hom te doen. Dat Hy jou kan gebruik as `n instrument vir Hom.